GESANG 147 1. ONS HOOR DIE PAASFEESKLOKKE. HUL LUI VAN VROEGDAG AF; HUL JUBEL OOR DIE W^RELD: DIE HEER IS UIT DIE GRAF ! HY, CHRISTUS, DIE OORWINNAAR, IS UIT DIE DONKER UIT. DIE HEER, DIE SLEUTELDRAER, SAL OOK MY GRAF ONTSLUIT. 2. ONS HOOR DIE PAASFEESKLOKKE. DIE HEER HET OPGESTAAN ! HY HET VIR AL ONS SONDE HOM AAN DIE KRUIS LAAT SLAAN. IN HOM IS NUWE LEWE, SY GRAF IS LEEG EN OOP. HY GAAN ONS VOOR - VERHEERLIK - EN ONS KAN OP HOM HOOP ! 3. ONS HOOR DIE PAASFEESKLOKKE. DOODSENGEL, GAAN VERBY ! BLOED AAN DIE DEURKOSYNE - SY BLOED, HET ONS BEVRY ! ONS SAL MET JESUS OPSTAAN, DIE LEWENSKROON VERKRY. ONS HOOR DIE PAASFEESKLOKKE WAT OOR DIE W^RELD LUI.